Oor Clear bars & Trellis

Weskus Clear bars en Trellis Deure is n besigheid in Langebaan aan die Kaapse Weskus wat ‘n sekuriteits diens lewer aan die inwoners van die hele Weskus.

Beskerm jou geliefdes en besittings sonder om afbreek te doen aan jou woonhuis se voorkoms en estetiese waarde. Clear bars word vervaardig van polycarbonate en is beskerm teen UV sonstrale. Die “bars” dra n 12 jaar waarborg teen verkleuring en kraakvorming en het n breek weerstand van 5 ton. Clear bars word goedgekeur deur al die versekerings verskaffers.

 

As U se veiligheid van u eiendom wil verbeter, is ons deurskynde polycarbonate diefwering en trellis deure die perfekte oplossing . Dit is baie moeilik vir enigiemand om in te breek en omdat dit deursigtig is, sal jy steeds deur U venster kan sien sonder dat dit jou uitsig buite belemmer . 

Ons verskaf ook Xpanda trellis deure van hoogstaande gehalte. Roesvrye aluminium hekke met n slamlock.

Baie mense het reeds hierdie topkwaliteitsproduk in hul huise geïnstalleer en is baie beindruk met die uitslag. Nie net met die onopvallende voorkoms van die produk nie, maar ook die ekstra gevoel van sekuriteit wat dit gee.